Bredasdorp Gemeente

Dien

Dien

Ons ondersteun gemeenskappe oral

Bredasdorp Gemeente ondersteun behoeftige gemeenskappe in ons eie area, in Suid Africa en regoor die wêreld. Wil jy deel word?

Waar ondersteun ons?

kerk msinga

Msinga

Uitreik na Msinga

In 1991 het ons gemeente ’n skenking van R6 000 gemaak om studente te help om ’n klein kerkie te bou. Min het ons geweet dat hierdie eenvoudige daad van gehoorsaamheid die begin sou wees van ’n pad van meer as drie dekades se uitreik en verhoudingsbou in Msinga.

Msinga is ’n streek naby Ladismith in KwaZulu-Natal. Reeds in 1992 het ons gemeente vir die eerste keer ’n span na Msinga gestuur. Sedertdien is Bredasdorp Gemeente jaarliks en intens betrokke by die gemeente en gemeenskap in Msinga – ’n verhouding wat oor meer as 30 jaar gegroei het.

Die doel van die uitreik is onder andere om:

  • ’n vakansieprogram vir jong kinders en tieners aan te bied
  • volwasse vroue te bedien deur daaglikse vaardigheidswerkswinkels te fasiliteer
  • die plaaslike leraar te ondersteun
  • verhoudings met die gemeenskap te bou deur hutbesoeke en persoonlike betrokkenheid
  • herstelwerk en onderhoud te doen waar dit nodig is
  • sensitief te wees vir enigiets anders wat die Here op ons harte plaas terwyl ons daar is

Ons uitreikspan begin reeds vroeg elke jaar voorberei vir die uitreik wat gedurende die Junie-vakansie plaasvind. Indien jy geroep voel om deel te wees van on uitreikspan, gesels met een van ons leraars. 

Noodspens

Die Kaap Agulhas Noodspens het ontstaan uit die Diens van  Barmhartigheid van die Bredasdorp Gemeente en het veral ná Covid sterk begin groei.

Mev. Louw, ons Maatskaplike Werker, bestuur die noodspens. Alle versoeke om hulp word met groot sorg, vertroulikheid en deernis hanteer.

Elke tweede maand help gemeentelede as vrywilligers by Spar om skenkings in te samel in die trollie gemerk Agulhas Noodspens

Hoe kan jy help?

  • Skenk nie-bederfbare kos of kontant (kontak die kerkkantoor).
  • Daar is deur die jaar ’n groot behoefte aan gevriesde sop (2ℓ roomysbakke), asook brood of rolletjies.

Baie dankie aan elkeen wat die noodspens ondersteun — jou bydrae maak regtig ’n verskil. Behoeftes kan ook gerus onder die Maatskaplike Werker se aandag gebring word.

“Moet nooit iemand van sy hoop ontneem nie – dit mag dalk al wees wat hy het.”

noodspens
kerk die herberg

Die Herberg Kinderhuis Robertson

Ons gemeente is gekoppel aan Herberg Kinderhuis.

By Huis B met 16 seuns van verskillende ouderdomme. Elke eerste kwartaal van die jaar kry ons die geleentheid om betrokke te raak dmv skool benodighede of donasies. Soos nood opduik word dit jaarliks deur die huismoeder deurgegee. Die seuns word ook bederf aan die einde van die jaar met ‘n geskenk boksie wat met groot opwinding ontvang word.

Raak betrokke soos behoeftes op ons aankondiging verskyn, so maak jy ‘n verskil in ‘n kind se lewe wat dit nodig het. Volg hulle gerus op facebook by  Herberg Childrens Home.

Missie Japan

Missie Japan  is `n gesamentlike sendingaksie van die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk-familie in Suid-Afrika, wat in noue vennootskap met  die Reformed Church in Japan (RCJ) werk.

 Hulle fokus op die verkondiging van die Evangelie en die versterking van die kerk in Japan, `n land waar minder as 1% van die bevolking Christene is. 
Dit is `n vrywillige wat ondersteun word deur individue, gemeentes en kerkverbande wêreldwyd.

Bredasdorp gemeente ondersteun Dr. Stéphan en Carina van der Watt.  Hulle is gebaseer in Kobe. Stéphan dien as professor by die Kobe Reformed Theological Seminary (KRTS), waar hy help met die opleiding van nuwe Japannese predikante.  Hulle onderstuen ook plaaslike gemeentes en bou brûe tussen Suid-Afrikaanse en Japannese kerke. 

Besoek gerus hul webtuise vir meer inliging by missionjapan.co.za

kerk japan

Waar ondersteun ons?

msinga kind

what we do 003 free img

missie japan mense

Missie Japan