Wie is ons?
Geskiedenis van NG Bredasdorp
Van Toeka tot Nou
Ons kerkgebou
Sedert 1842
Die ou kerk op Bredasdorp is gebou in 1842. Soos die dorp ontwikkel en gegroei het is dit in 1856 vergroot. Die kerk is toe afgebreek en Ds. D.J. Viljoen het die hoeksteen van die “nuwe” kerkgebou soos ons dit vandag ken op 28 Oktober 1911 gelê. Die argitek was die gebore Nederlander Anthony M. de Witt. Op 23 en 24 November 1912 is die kerk ingewy.
Ons bates
Ons Horlosie
Ontvang vanaf Duitsland in 1912
Die gebeier van 5 klokke elke 15 minute oor die pas afgelope eeu is net so sinoniem met Bredasdorp soos die 38 meter hoë toring wat die horlosie huisves.
Die toring met sy verskillende vloere lei jou trapsgewys na die uurwerk, die klokke en die 4 gesigte met die wysters.
Die uurwerk, vervaardig deur Edward Korfhage & Seun in Buer Duitsland was in 1912 geskenk deur J.D. Albertyn en die klokke deur J.G. Giliomee.
Die inskripsie op die houtkas waarin die uurwerk staan lei soos volg…
“Het is opgezit door Niekkie Vlok 13 Nov. 1912”
Die uurwerk word tot op hede nog met die hand opgewen. Seisoenale temperatuur-verskille het ‘n uitwerking op die tydhou-vermoë as gevolg van die inkrimping en uitsetting van die metale.
As daar egter na `n gemiddelde akkuraatheid gekyk word dan wen die horlosie so 3 sekondes in 2 maande se tyd.
Die melodie van die klokkespel is die immer gewilde
“Westminster Chimes.”
Dit is dieselfde klokkespel as die bekende “Big Ben.”
Ons Orrel
Sedert 1938
Liefde en vreugde is nog altyd die beste deur sang uitgedruk. Sang en
aanbidding om liefde vir God te wys, was nog altyd sentraal in die
Christelike kerk.
Met die inbruikneming van die groter kerkgebou het die behoefte
ontstaan aan ‘n groter, kragtiger orrel. Die huidige orrel is gebou deur die bekende Liverpoolfirma, Rushworth and Dreaper. Dit is in 1938
geinstalleer deur Cooper, Gill en Tomkins van Kaapstad. Alhoewel
Rushworth & Dreaper volgens Wikipedia hulle deure gesluit het in 2002, was hulle bekend vir die bou, restoureer en vergroting van pyporrels in kerke, katedrale en konsertsale wêreldwyd en het hulle ‘n nalatenskap van ikoniese Engelse pyporrels van uitstekende gehalte.
Bredasdorp se orrel met sy nege eenhede en toringhoë rangskikking
van pype, het dertig verskillende registers. Die orrel word steeds goed
onderhou.
Tot vandag toe geniet die gemeente dit steeds om hulle liefde en
vreugde in die Here uit te druk deur ou én nuwe liedere in die gemeente saam te sing saam met die orrel, klavier of orkes.
Belangrike data
Ons Span
Ds Braam Coetzee
Bejaardes
Ds. Braam is verantwoordelik vir die bejaardes- en boerebediening in die gemeente. Hy fokus op pastorale versorging, geestelike begeleiding en ondersteuning van ons senior lidmate en boere, en doen gereelde besoeke om naby aan mense se lewens en uitdagings te wees. Deur persoonlike gesprekke en betrokkenheid poog hy om geloof, hoop en verbondenheid in hierdie gemeenskappe te versterk.
Ds Braam Coetzee
Bejaardes
- Phone:082 772 3473
- Email:braam@bredasdorpgemeente.co.za
Ds Karlie Liebenberg
Hoërskool en families
Ds. Karlie is verantwoordelik vir die hoërskooljeug en hul families. Haar bediening sluit geloofsvorming, begeleiding en ondersteuning van tieners en hul ouers in, met ’n sterk fokus op persoonlike betrokkenheid en besoeke aan gesinne. Deur gesprekke en saamwees help sy om jongmense en hul families te begelei en te versterk in hul geloofslewe.
Ds Karlie Liebenberg
Hoërskool en families
- Phone:082 676 8995
- Email:karlie@bredasdorpgemeente.co.za
Ds Pieter Nel
Laerskool en families
Ds. Pieter is verantwoordelik vir die laerskool- en voorskooljeug en hul families. Hy fokus op die grondlegging van geloof by jong kinders en ondersteun gesinne deur kindervriendelike bediening en gereelde besoeke. Deur persoonlike kontak en begeleiding help hy om kinders en hul families van vroeg af deel te maak van die geloofsgemeenskap.
Ds Pieter Nel
Laerskool en families
- Phone:082 749 7691
- Email:pieter@bredasdorpgemeente.co.za
Elna Geldenhuys
Skriba
Me. Elna Geldenhuys is die Skriba en bestuur die dag-tot-dag aangeleenthede van die kerk.
Marlene Louw
Maatskaplik
Me. Marlene Louw is verantwoordelik vir alle maatskaplike aangeleenthede van die kerk.


