Omgee
Pastorale sorg
Elkeen van die predikante is daar om lidmate te besoek. Predikante van Bredasdorp Gemeente is mede-reisigers en doen graag huisbesoeke. Weens kapasiteit en die grootte van die gemeente is die predikante nie altyd in staat om by almal uit te kom nie.
Ons wil jou aanmoedig om die vrymoedigheid te hê om die predikante direk te kontak, of die kerkkantoor, indien jy van iemand weet wat deur ‘n moeilike tyd gaan of ‘n besoek van ‘n predikant sal waardeer. Moenie aanvaar dat die predikante reeds weet nie, dikwels is dit dalk (nog) nie die geval nie.
Kontak ook die predikante gerus direk indien jy self ‘n behoefte het aan ‘n gesprek, besoek of gebed. Dit sal vir die predikante ‘n voorreg wees om ‘n gedeelte van jou reis met die Here, saam met jou te loop.
Kontak gerus vir braam@bredasdorpgemeente.co.za, karlie@bredasdorpgemeente.co.za of pieter@bredasdorpgemeente.co.za
